Mopane braai hout

mopane_burn03

Mopane (mopani) braai hout is van die best wat jy gaan kry. In my opinie is dit selfs beter as kameeldoring hout en rooikrans. Die hout self is baie droog en baie hard. Dit vat maklik vlam en brand lekker lank. Die kole is ontsettend warm vir ‘n lang tyd wat dit heerlik maak veral wanneer jy baie vleis het om te braai. Kyk, niks keer jou om ‘n vuurtjie aan die kant te maak nie, maar weet verseker dat jou mopane kole gaan vir jou klomp hitte gee vir lank.

Soos wanneer jy ‘n lekker steak op die kole gooi en hom gou seel en afhaal om te rus, kan jy na 10 of 15 minute net weer die steak op die kole gooi en verder braai, die mopane kole hou sy hitte lank en werk veral baie goed met ‘n steak braai.

‘n Hoender braai aan die ander kant werk ook baie goed, want jy gooi hom lekker hoog en laat loop hom stadig. Jy het lank warm kole en kan ‘n hele tydjie lank braai voor jy die rooster moet laat sak of die kole moet roer.

Mopane kole brand feitlik heeltemal uit en die volgende oggend sal jy net wit as kry in jou braai bak. Die kole vrek nie sommer net soos ander hout nie!

Kliek hier vir meer inligting en om jou bestelling te plaas