Mopane hout vir ‘n potjie

mopane_potjie

Ek het nou die dag vir die 2de keer potjie gemaak met my Mopane braai hout en ek moet sê, wat ‘n awesome onderving. Die lekkerte van droë hout wat so maklik brand en sulke warm kole gee vir so lank is net te heerlik.

Ek is gewoond aan rooikrans hout gebruik en dit het ook goed gewerk, maar jy moes gewoonlik baie meer hout gebruik om dieselfde resultate te kry. En dan moet jy ook hoop jou hout is nie natterig nie, want dan sukkel jy weer om die vuur langs die kant aan die gang te hou.

Neewat, ek reken ek sal vir ‘n lang tyd nog net met mopane hout braai. Ek reken selfs kameeldoring kom nie by mopane nie!